Tergniet, Mossel Bay, Western Cape ID 1124118
House
5.0
7
450m2
630m2
Hierdie 450m2 woning bestaan uit twee vlakke, en kan gemaklik twee families gelyktydig huisves. Dis gelee hoog op teen ‘n rand in die rustige Tergniet-strandgebied wat uitstekende see-uitsig bied. Die boonste vlak bestaan uit die volgende: Indrukwekkende ingang, baie groot “ligte woonvertrek” wat bestaan uit oop-plan kombuis met eet- en leefvertrek, plus ‘n addisionele leefvertrek en braaikamer wat oor die see uitkyk; dan het dit ook ‘n baie ruim hoofslaapkamer met eie volledige badkamer, plus twee addisionel slaapkamers wat ‘n badkamer deel. Die onderste vlak bestaan uit: Groot leefvertrek, kombuis met opwas-plek, gekoppel met eetvertrek. Verder het dit ‘n groot, ruim hoof-slaapkamer met eie badkamer en leefarea; heeltemal weg vd hoof-slaapkamer is 3 addisionele slaapkamers met vol badkamer en aparte toilet, plus ‘n sonvertrek, en ‘n aparte waskamer. Die boonste en onderste vlak is met ‘n binne-trap verbind. Die trap is tans afgeskort/toegemaak. Dit is gedoen om die privaatheid van elke vlak te verseker, maar kan maklik weer oopgemaak word. Buite voor die huis, op onderste vlak is daar ook ‘n groot oop patio plus een groot toesluit-motorhuis met skadu-parkering vir twee voertuie; terwyl daar drie veilige straatparkerings beskikbaar is op die boonste vlak.
Property Connect
Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.
Property Not Available? Report it